100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Groepsgeweld eis ses in Kabokweni

Written by on April 24, 2023

Die polisie het ‘n pleidooi gerig aan gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem nie.
Dit volg op die dood van ses mense in Kabokweni, na vermoede deur groepsgeweld.
Drie moontlike verdagtes in ‘n gewapende roof is Vrydag aangerand en hul huis afgebrand. Hulle het aan hul beserings beswyk.

Twee mans is in ‘n afsonderlike voorval dood.
Die liggaam van die sesde slagoffer is dieselfde dag in ‘n bebosde area ontdek.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê slegs twee slagoffers is tot dusver uitgeken.


×