100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Griepgevalle neem toe, nuwe Covid-variant gemonitor

Written by on June 12, 2025

Die gesondheidsdepartement hou die ontstaan van ‘n nuwe Covid-19-variant, bekend as Nimbus, fyn dop.

Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die nuwe variant is gekoppel aan ‘n toename in gevalle in dele van Asië.

Hy sê hoewel Suid-Afrika se data baie lae Covid-19-aktiwiteit toon, is daar ‘n seisoenale toename in griep.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê vanjaar se griepseisoen het vroeër as gewoonlik begin, met baie hospiaalopnames weens longontsteking.

Gesondheidsamptenare sê die meeste gevalle word veroorsaak deur die H3N2-griep-A stam, maar gevalle van H1N1 en Influenza B is ook aangemeld.

Die publiek word versoek om hande te was, nie openlik te hoes nie en ingeënt te word omdat griepstamme jaarliks verander.

Griep-oordrag is tans nie te hoog nie, maar vroeë monitering word aanbeveel om ernstige siektes te voorkom en diegene in die grootste gevaar, te beskerm.

Motsoaledi sê dit is belangrik vir mense om voort te gaan om goeie higiëne-praktyke te handhaaf om die verspreiding van alle respiratoriese siektes te help verminder.

Luister: