100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Goudpanners maak gereed vir wêreldspele in Pelgrimsrus in 2023

Written by on August 22, 2022

As die gashere vir volgende jaar se internasionale kompetisie het die Mpumalanga Departement van Kultuur, Sport en Ontspanning amptelik die vlag van die Wêreld Goudpanvereniging in ontvangs geneem in Pole waar vanjaar se kampioenskap die naweek afgesluit het.
Sanjay Singh is ook herverkies tot ‘n tweede termyn as president van die vereniging.

Suid-Afrika se medaljewenners was Paul van Rooyen (silwer in die nag-kategorie) asook brons vir die vyf-man span van Joseph Mashaka, Bennie Kruger, Linda Traill, Sendra Nsimba en Surprise.
Die provinsie glo die toeriste wat die kampioenskap in 2023 sal lok sal van kardinale belang wees vir die ekonomiese herstel van Mpumalanga. Dit vind van 6 tot 12 Augustus in Pelgrimsrus plaas.


×