100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Goudpan-kampioenskappe skop af in Pelgrimsrus

Written by on October 7, 2021

Die nasionale goudpan-kampioenskappe het vandag in Pelgrimsrus afgeskop.
Sanjay Singh, die senior bestuurder vir erfenisdienste in die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning (hy is ook die president van die Wêreld Goudpanvereniging) het met Roelf daaroor gesels.

Ten spyte van die Covid-19-pandemie kon hulle wel voortgaan met die kompetisie in 2020, maar verlede jaar was hulle beperk tot 200 mense by ‘n buitemuurse geleentheid. Vanjaar lyk die prentjie ‘n bietjie anders: tot 2 000 mense mag tans onder vlak 1 inperkingsregulasies buite saam byeen kom.
“Die nasionale kampioenskap was nog nooit so groot nie, so ons is vol vertroue dat ons dit sal kan beheer.”
Maar, ongelukkig word toeskouers by sportgeleenthede steeds nie toegelaat onder die verslapte regulasies nie.
“Dit is belangrik om voort te gaan om hierdie erfenisaktiwiteit aan te bied,” voeg hy by.
Veranderinge is ook aan die kompetisie se formaat aangebring om almal se veiligheid te verseker.
Daarom sal slegs elke tweede van die 30 panne wat gebruik word vanjaar in gebruik wees op ‘n keer om spasie tussen deelnemers te verseker, met die gevolg dat daar meer uitdunrondtes sal wees.
Waar uitdunne, semis en finale in die verlede vir elke kategorie oor die verskillende dae versprei was, sal elke kategorie nou al hul rondtes in een dag afhandel. Dit is om die aantal mense in die arena op ‘n slag te beperk, aldus Singh.
Opwindende nuus is dat Pelgrimsrus in 2023 die wêreldkampioenskappe sal aanbied.
“Volgens die internasionale beheerliggaam se reëls mag dit net aangebied word in dorpe met ‘n geskiedenis van alluviale goud, so dit word altyd in klein dorpies in die wêreld gehou,” sluit hy af.


×