100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gevangenes eersdaags vry

Written by on May 11, 2020

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) is onseker presies hoeveel gevangenis eersdaags op vervroegde parool vrygelaat sal word in die Laeveld.
Messiah Hlungwani, woordvoerder van die DKD in Ehlanzeni, het wel bevestig dat geen seks- of geweldsmisdadigers oorweeg sal word nie.
President Cyril Ramaphosa het Vrydag aangekondig dat amper 19 000 uit 155 000 gevangenes landwyd op parool vrygelaat sal word.
Gevangenisse word as hoë-risiko areas vir infeksie beskou en die Vereenigde Nasies het ‘n beroep gedoen dat alle lande hul tronkbevolkings verminder om fisiese afstand en selfisolasie moontlik te maak.
Volgens Ramaphosa is dit van toepassing op diegene wat hul minimum vonnisse uitgedien het, of die merk binne die volgende vyf jaar sal bereik.
Die gevangenes sal die res van hul vonnisse onder korrektiewe toesig uitdien.
Die proses sal oor die volgende 10 weke plaasvind.
Hlungwani sê hulle verwag om vandeesweek nog die riglyne te ontvang wat sal bepaal presies wie vrygelaat kan word.

Volgens Ramaphosa sal mense wat lewenslange vonnisse uitdien of skuldig bevind is aan ernstige misdade soos seksuele oortredings, moord of poging tot moord, kindermishandeling en geslagsmisdaad nie in aanmerking kom nie.
Die president het ook gewaarsku dat die virus vir die volgende jaar in die ronde sal wees.
Hy het die publiek gemaan om gereed te maak vir ‘n nuwe realitiet waarin Covid-19 deel van mense se daaglikse bestaan sal wees.
“Ons sukses sal uiteindelik bepaal word deur die veranderinge wat ons aan ons optrede maak,” het hy Maandag in sy nuusbrief gesê.
Selfs na inperking sal fisiese afstand, gesigmaskers en gereelde hande was asook die herorganisasie van kantore, skole, universiteite en openbare plekke noodsaaklik bly.
Hy het verder gewaarsku dat Covid-19-gevalle sal toeneem soos inperking uitfaseer word.
Die regering se strategie is om meer siftingstoetse te doen en om die naspeur van pasiënte se kontakte meer effektief uit te voer.
Werksplekke en openbare plekke sal ook op groot skaal ontsmet moet word.

 


×