100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Filosofiekafee vanaand in Kaapsehoop

Written by on September 1, 2023

Die Innibos Boekenaweek het aangebreek in Kaapsehoop en op die spyskaart vanaand is ‘n Filosofiekafee.
Die stigter, Lamé Ebersöhn, gesels met Sonop Ontbyt oor hoe sy dit sowat 25 jaar gelede by haar bistro op Kerkplein in Pretoria begin het om aktuele sake te bespreek en ‘n oop gesprek aan te moedig.
“Ons vergeet dat ‘n mens konstant moet beur om dan tog ook volledig te wees,” sê sy. “Om tog ook weer ‘n denkende mens te wees en om vernuwe te wees en nie gespanne te wees oor jou eie standpunt nie. Om oop te wees vir die ander standpunt.
“Dit is die pragtige uitdrukking wat ons het in Afrikaans: ‘Ek kan begryp wat jy sê, maar dit is nie te sê dat ek noodwendig daarvoor ‘n begrip moet toon nie’.”
Luister weer hier:

Charl-Pierre Naudé is vanaand aan die woord oor die kunstenaar en die skrywer se verhouding met die gode.
Luister ook: Innibos Boekenaweek eersdaags in Kaapsehoop
Sien meer: Eerste Innibos Boekenaweek in September op Kaapschehoop gehou


×