100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

100.5FM Algemene Jaarvergadering

Urban House [Nelspruit]

Event info
Date: July 30, 2020
Time: 18:00
Location: Urban House
Address: Faure Straat, Sonpark Nelspruit
Details

Die 100.5FM algemene jaar vergadering vind by Urban House, Sonpark, Nelspruit op Donderdag 30 Junlie 2020 om 18h00 plaas. Alle COVID-19 regulasies sal streng nagekom word. Byvoorbeeld word daar slegs minder as 50 persone toegelaat. Ons wil graag voorsiening maak vir alle persone wat dit graag wil bywoon en daarom verkies ons ‘n skriftelike aansoek om teenwoordig te wees om ons te bereik teen ten minste sewe dae voor die vergadering. Ons oorweeg om die vergadering, indien moontlik, ook aanlyn aan te bied indien behoefte daarvoor bestaan om ten einde meer mense die geleentheid om die vergadering by te woon, aan te bied.

Die afgelope boekjaar word in oënskou geneem en terugvoer oor die algemene bedryf van die stasie as nie-winsgewende organisasie word aangebied.

Hiermee word alle belanghebbendes genooi om die vergadering by te woon waar daar ook geleentheid gaan wees om as lid van die luisterpaneel invloed op program inhoud te kan geniet.

Die agenda is by 100.5FM in kantoor ure beskikbaar.

Die bestuur is opgewonde om die afgelope jaar se vorderings verslag bekend te maak en ook die visie vir die volgende termyn te deel.

Epos gerus vir meer besonderhede en navrae by [email protected]

 

×