100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Elukwatini-bevelvoerder amptelik gegroet

Written by on January 10, 2022

Kollegas van die Elukwatinivan Elukwatini-polisiestasie, kol. Beauty Marivate (55), het gister van haar afskeid geneem tydens haar amptelike begrafnisdiens by Elukwatini-stadion.
Sy is op 30 Desember doogeskiet toe sy gereageer het op ‘n noodroep oor ‘n sakeroof en verdagtes op haar voertuig losgebrand het. Sy is gewond en is hospitaal toe gehaas, waar sy aan haar wonde beswyk het.

Agt verdagtes is sedertien daarvoor gearresteer.
Marivate is deur familie, vriende en kollegas as ‘n toegewyde polisiebeampte beskryf. Sy was vir meer as 30 jaar in die SAPD. Sy word oorleef deur vier kinders en nege kleinkinders.
Die polisieminister, gen. Bheki Cele, het tydens haar diens gesê almal behoort kwaad te wees oor moorde op polisiebeamptes.

“Die polisie moet ook verseker dat die dood van een van hul eie, nooit om dowe neute is nie. Sy was ‘n bekwame ondersoeker wat maatskaplike geregtigheid voorgestaan het, so dit is belangrik dat almal wat die gemeenskap van ‘n leier beroof is, aangekeer word.”
Hy het ‘n beroep gedoen op gemeenskappe om saam met die polisie te werk om misdaad hok te slaan.
“Julle moet die oë en ore van die mans en vroue in blou wees wat elke dag hul lewens op die spel plaas om gemeenskappe te beskerm.”
Polisiewoordvoerder, Lirandzu Themba, sê nog arrestasies word verwag.


×