100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Een-en-twintig onwettige myners aangekeer

Written by on June 28, 2021

Een-en-twintig vermeende onwettige myners is tussen Woensdag en Sondag by Dientjie, Pelgrimsrus en Sabie aangekeer.
Volgens die polisie is agt minderjariges en verskeie is onwettige immigrante van Zimbabwe en Mosambiek.
Meer as 1 030 mense is die afgelope week in Mpumalanga aangekeer vir ander misdrywe.
Dit sluit in moord, roof, verkragting, poging tot moord, inbrake, aanranding, motorkaping, voertuig diefstal, bestuur onder die invloed, dwelmverwante misdade en die besit van gesteelde goedere asook die oortreding van die inperkingsregulasies.
Meer as 10 is in besit gevind van onwettige vuurwapens en ammunisie.
‘n Egpaar is Saterdagaand oorval by hul huis op die Mara-pad. Volgens inligting het ses jong verdagtes die man uit die huis gelok deur ‘n elektriese toestel buite af te sit. Hulle het hom oorval toe hy ondersoek ingestel het.
Die man en sy vrou is binne die huis vasgebind.
Die aanvallers het ‘n onbekende bedrag kontant, ‘n selfoon en sewe vuurwapens gesteel en op die vlug geslaan.
Die polisie in Mpumalanga het inwoners ook gewaarsku om nie rylopers geleenthede aan te bied of geleenthede te aanvaar nie.
Dít na verskeie voorvalle aangemeld is waarin mense beroof en verkrag is deur diegene wie hulle geleenthede aangebied het of vir wie hulle probeer help het.
Die vonnise van twee moordenaars is ook verwelkom deur die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, genl.maj. Thulani Phahla.
Chris Ntimane en Eugine Lubisi is skuldig bevind dat hulle in Junie 2019 twee broers, Ally Goodman en Simon Mahlalela, met messe doodgesteek het in Calcutta naby Hazyview.
Hulle het stry gekry in ‘n drinkplek. Buite het ‘n ernstige geveg uitgebreek.
Ntimane het homself aan die polisie oorgegee. Lubisi is by ‘n hospitaal aangekeer waar hy behandeling gesoek het vir sy beserings.
Hulle is Vrydag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela gevonnis.
Elkeen is 25 jaar opgelê vir elk van die twee moorde wat hulle gelyktydig sal uitdien.


×