100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie mense met ses renosterhorings in Mpumalanga vasgetrek

Written by on April 26, 2020

Drie verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die hof in KaBokweni verskyn op klagte van die onwettige besit van renosterhoring.
Hulle is Vrydagaand in Pienaar buite Mbombela in hegtenis geneem.
Die Valke het Sondag gesê dat die twee mans en een vrou almal tussen 24 en 34 jaar oud is.
Hulle is na bewering onder meer met ses renosterhorings betrap.
Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, het in ‘n persverklaring gesê die intelligensie-gedrewe operasie was in samewerking tussen ernstige en georganiseerde misdaad, misdaadintelligensie, speurders en taktiese reaksiemag.
Volgens Mulaudzi is ‘n lasbrief vir ‘n eiendom bekom waar verskeie jagmesse in ‘n voertuig op die erf gevind is. ‘n Groot bedrag kontant is in die huis gevind.
Die ses renosterhorings is glo in ‘n buitetoilet gevind. Die Valke glo dit is stelle van drie gestroopde renosters.
Die horings, geld en drie voertuie op die perseel is gekonfiskeer.
Valkehoof, luit. gen. Godfrey Lebeya, het die arrestasies verwelkom.


Continue reading

×