100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dogtertjie vyf jaar na haar tweelingboetie gebore

Written by on October 17, 2020

LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in Mpumalanga, Pat Ngomane, en sy vrou, Zinhle, het Vrydag hul tweede kind in die wêreld verwelkom.

Foto: Dynamic Photography

Sy is na in vitro-bevrugting (IVF) in Surgiclinic Fertility in Mbombela gebore.
Embrioloog, Cornelia van Zyl, verduidelik dat Nala en haar vyfjarige boetie eintlik ‘n tweeling is, aangesien hul embrio’s gegroei het uit dieselfde in vitro-poging in 2014.
Dit was ook die kliniek se eerste bevrugting van ‘n gevriesde embrio.
Zinhle het in 2014 in Pretoria die proses deurgegaan.
Haar seuntjie is toe gebore.

Drie embrio’s het egter oorgebly en is gevries.
“Toe sy hoor dat ons die laboratorium hier oopmaak, wou sy met alle mag daardie embrio’s terug geplaas hê,” vertel Van Zyl.
Surgiclinic Fertility is in Februarie geopen. Dit is die eerste en enigste bevrugtingskliniek in die Laeveld. Hul eerste baba is op 2 Oktober gebore.

Foto: Dynamic Photography

Om die embrio wat vir vyf jaar gevries was, terug te plant, was ‘n uitdaging. “Ons het pas begin en dit was nuwe infrastruktuur wat ons moes opstel.”
Van Zyl voeg by dat embrio’s kan beskadig na so ‘n lang tyd. Dikwels word hulle drie tot vyf dae na bevrugting terug geplaas.
Hulle kon wel twee terugplant. Een het inplanteer en die pragtige dogtertjie is gebore.
Zinhle se proses sou volgende week met die beplande geboorte op Radio Laeveld uitgesaai word. Sy het egter Vrydag ‘n noodkeisersnee benodig.
Ngomane moes ‘n virtuele toespraak in die parlement kanselleer om by die geboorte te wees.

Foto: Dynamic Photography

Radio Laeveld was wel by Nala se geboorte in die teater. Skakel die komende week elke oggend om 08:10 in, vir meer oor Zinhle se reis van hoop.


×