100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dele van West Acres steeds sonder elektrisiteit

Written by on December 30, 2022

Meer as vyf dae sedert ‘n ontploffing Maandagoggend by die West Acres-substasie is dele van die buurt steeds sonder elektrisiteit.
Verskeie ondergrondse kabels het weens die ontploffing uitgebrand.

Volgens DA-raadslid Thea Rix werk Mbombela-munisipaliteit sedertien onverpoosd in spanne wat mekaar aflos.
Kragtoevoer is na die grootste deel van die area herstel.
Die omgewing van Akwamaryn-, Ruby-, Alibama- en Asbestosstrate is tans nog in die donker.
Rix sê inwoners ondersteun mekaar en stel hul huise (en vrieskaste) aan ander beskikbaar.

Mense maak ook beurte om werkers van etes te voorsien en het gazebo’s opgerig teen die reën.
Die reën, beurtkrag en moeilike terrein belemmer pogings.
Daar is geen voorspelling wanneer die kragtoevoer ten volle herstel sal wees nie.


Continue reading

×