100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

David Mabunda verkies tot nuwe KLCBT-president

Written by on June 7, 2023

David Mabunda, die voormalige uitvoerende beampte van SANParke, is gister verkies tot president van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT).
Hy sal vir twee jaar dien.
Luister: Nuwe raad verkies vir KLCBT
Linda Grimbeek onthul dat twee spesiale gesante ook aangestel is om die werk wat hulle reeds jare namens die KLCBT verrig, met groter gesag voort te kan sit.
Oupa Pilane sal hom beywer vir toerisme-ontwikkeling en transformasie en Hendrik Janse van Rensburg vir vaardigheidsontwikkeling.
Luister weer hier na Laeveld Ervaring:

Die uitgaande president, Sandra Jacobs, mag nie herverkies word nie, omdat iemand nie twee agtereenvolgende termyne mag dien nie, maar sy bly aan as uitvoerende direkteur.
Die voorsitter van die komitee vir algemene sake bly Ferdi Bijzet met Sakkie van Rooyen en Buyi Shongwe as visevoorsitters.
Die voorsitter vir die toersime-aangeleenthede is nou Melissa Brockman met Oupa Pilane en Anne Briggs as visevoorsitters.

  • Skakel volgende Woensdag om 10:30 in vir Laeveld Ervaring wanneer 100.5FM gesels met nuwe president David Mabunda.

×