100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dakar 2023: Eben Basson bly in sewende plek na 12 skofte

Written by on January 13, 2023

Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy spanmaat Leander Pienaar lê steeds algeheel sewende in die T3-klas na die 12de skof van die Dakar-tydren vandag geëindig het.

Dit volg na twee skofte in die sogenaamde Leë Kwartier in die Saoedi-Arabië woestyn. Dit word beskryf as ‘n see van sandduine in die wêreld se taaiste resies.

Hulle ry in die G Rally Team OT3 Liggewig Prototipe.

In die T1-klas het die Fransman Sébastien Loeb ʼn ongelooflike vyfde trajek agtereenvolgens gewen.

Nasser Al Attiyah het derde geëindig om sy ystergreep op die tydren te behou, met ‘n voorsprong van 11:27.38.

Loeb skuif een plek op tot algeheel tweede, gevolg deur Lucas Moraes van Brasilië in die derde plek.

Die Suid-Afrikaners, Giniel de Villiers en Henk Lategan is onderskeidelik vierde en vyfde.

Twee skofte bly oor voor Dakar 2023 Sondag tot ‘n einde loop.

=============

13 Januarie 2023, 10:13

Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy spanmaat, Leander Pienaar, lê net voor die afskop van die 12de skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië steeds algeheel sewende in die T3-klas.

Hulle ry tans in die sogenaamde Leë Kwartier en verskeie deelnemers moes gisteraand in die duine oornag. Luister weer hier.

Sien ook: Komatipoort-ryer nou sewende in Dakar

Volg TeamHiluxRallyRaid op Facebook en Instagram vir meer.


×