100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dagga, messe by hoërskoolleerlinge in Barberton gevind

Written by on August 26, 2022

Twee verdagtes is gister by ‘n karwassery in Barberton aangekeer, nadat dagga in die besit gevind is van leerlinge by drie hoërskole in Barberton.
Volgens die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid was die operasie deel van die regering se skoolveiligheid strategie.
Dagga en messe is in sommige leerders se besit gevind, en hulle het die verdagtes as hul verskaffers aangedui.
Ten einde die strategie te bevorder beplan die departement ‘n imbizo in Barberton op 10 September.


×