100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

DA eis dat Thaba Chweu-leiers bedank

Written by on March 19, 2021

Die DA het ‘n beroep gedoen op die burgemeester van Thaba Chweu-munisipaliteit (TCM), Friedah Nkadimeng, om saam met haar komitee en munisipale bestuurder, Siphiwe Matsi, uit hul ampte te bedank.
Raadslid Spiro Couvaras sê hulle het deur ‘n gebrek aan dienslewering bewys dat hulle nie die munisipaliteit kan bestuur nie.
Grootskaalse geweldadige proteste het verlede week daaroor gewoed. Die munisipaliteit skuld Eskom nagenoeg R850 miljoen, en dreig toe om inwoners wat agterstallig is met hul betalings, se krag af te sny.
Inwoners van Lydenburg, Graskop en Sabie voer egter al geruime tyd aan dat, selfs al betaal hulle vir dienste, dit nie gelewer word nie.
Sedert die proteste aan die einde van verlede week opgehou het, ervaar Lydenburg lang water- en kragonderbrekings.
Couvaras voer aan dat die munisipaliteit se tegniese spanne nie water- of elektrisiteitsonderbrekings tydig kán herstel nie.

“Hierdie munisipaliteit het die punt bereik waar hulle nie onderbrekings kan herstel nie, wat inwoners sonder water laat deur die dag, en soms deur die nag.”
Die DA voer verder aan dat riool by die gebreekte Mashishing-rivier pompstasie in die rivier invloei.
“Vir meer as ‘n jaar al sit agt sake by die adjunk opebare beskermer, maar nog niks het tot by vervolging gevorder nie,” voeg hy by.
Munisipale woordvoerder, Ezrom Sekgobela het nie op bewerings dat die diensverskaffer wat die elektrisiteit sou afsny self vir TCM geld skuld nie.
Die Graskop-gemeenskap beplan om hul dorp netjies te maak voor die komende Paasnaweek wanneer hulle baie besoekers verwag.
Dit word gelei deur TCM se eenheidbestuurder, asook Marvin Pillay van die Graskop-sakekamer en Hettie Ligthelm.
Hulle sal op 23 en 24 Maart gras sny, onkruid uithaal op sypaadjies en rommel opruim.
Hulle benodig ten minste 250 vrywilligers. Om betrokke te raak, kontak Motankisi by 072-443-3222.


×