100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

DA vra dat ‘n burgemeester dringend verkies word in Nkomazi

Written by on July 29, 2022

Die DA in Mpumalanga het ‘n dringende skrywe gerig aan die LUR vir samewerkende regering, Mandla Ndlovu, om te vra dat hy ingryp sodat ‘n nuwe burgemeester in Nkomazi-munisipaliteit verkies word.
Trudie Grovè-Morgan sê die munisipaliteit is sedert Maart sonder ‘n burgemeester toe Johan Mkhatshwa – saam met die Speaker Sphiwe Mashele en vyf raadslede – uit die ANC geskors is.
Volgens haar het dienslewering sedertien tot stilstand gekom – soos gister in Komatipoort duidelik geword het.

“Onlangs het gefrustreerde inwoners die munisipale kantore gesluit te midde van ernstige kwellinge oor water, elektrisiteit en paaie,” sê sy.


×