100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curro en Lowveld High hou saam kultuurfees

Written by on September 30, 2021

Curro Nelspruit en Lowveld High het besluit om saam te span om hul leerlinge se kultuurtalente ten toon te stel.
Hulle hou volgende maand saam ‘n koorfees en talent vertoning. Alta Ehrke, Curro se kultuurhoof, sê hul oogmerk is om leerlinge meer blootstelling op die verhoog te gee omdat dit so beperk is deur die Covid-10-pandemie.
By die koorfees, op 13 Oktober, sal Curro se laerskool junior- en seniorkoor saam met Lowveld High se koor optree. Elkeen sal afsonderlik optree en aan die einde saam as ‘n massakoor. Die massakoor sal ook by die volgende dag se talent vertoning optree.
“Die kinders het soveel talent, ons wil hê mense moet dit sien.”
Sy het saam met Bongani Mavundla, die afrigter van Lowveld High se seniorkoor, met Robin gesels oor hoe skole mekaar met kultuuraktiwiteite ondersteun. Luister weer hier na die gesprek.

“Ons het baie pret en die kinders het soveel talent,” sê Mavundla.
Vertonings op beide dae vind by Curro Nelspruit plaas en begin om 17:00. Bywoning is R50 in persoon vir elke aand. Om dit regstreeks aanlyn te kyk beloop R80 vir die koor-opvoering en R100 vir die vertoning op 14 Oktober.
Enigiemand is welkom, hoewel spasie noodgedwonge beperk is tot 250 mense. Alle fondse sal aan Care for Wild geskenk word. Om te bespreek, kontak Ehrke per e-pos by [email protected] of 084-207-3272.

*Foto: Hennie Homann


×