Die Curriebeker se Premierafdeling skop vanaand af wanneer die Pumas die Griekwas op Mbombela-stadion verwelkom om 19:00.
Môremiddag speel die Leeus en die Haaie op Ellispark in Johannesburg, en Westelike Provinsie kom op die Kaapstad-stadion te staan teen sy aartsvyand, die Bulle.
Die naweek se laaste wedstryd begin Sondagmiddag in Wellington tussen Boland en die Cheetahs.
Die Haaie is die verdedigende kampioen.
Die Pumas se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, en die uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, kuier by Sonop Ontbyt.
Luister: