100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker: Airlink Pumas derde op punteleer met drie rondes oor

Written by on May 22, 2023

Die Toyota Cheetahs is steeds bo aan die Curriebekerpunteleer ondanks hul nederlaag Vrydagaand van 35-23 teen die Cell C Haaie in Durban.
Die Haaie kon ‘n bonuspunt verdien en is nou in die tweede plek vanweë die gunstige punteverskil van die Cheetahs.
Dit was ook hul vyfde agtereenvolgende oorwinning.
Die DHL WP maak steeds aanspraak op ‘n plek in die uitspeelwedstryde nadat hulle die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, met 22-14 in die Athlone-stadion in Kaapstad geklop het.
Die Pumas lê tans derde op die punteleer, maar daar is slegs drie punte tussen hulle en die voorlopers.

Die Windhoek Draught Griekwas kon Saterdag met 47-21 oor die NovaVit Griffons in Welkom wen.
Die naweek het op ‘n naelbytnoot geëindig met die Vodacom Bulle wat ‘n naelskraapse oorwinning van 33-32 teen die Fidelity ADT Leeus op Ellispark behaal het.
Dit was groot oorwinnings vir die Haaie en WP wat hul posisies in die kompetisies ‘n aansienlike hupstoot gegee het.
Die Griekwas en Bulle se seges hou ook hul hoop om die uitspeelrondes te haal, lewendig.
Die verdedigende kampioene het Vrydagaand goed begin, met ‘n drie deur Cameron Dawson binne die eerste minuut. Die WP het teen rustyd egter met 12-7 voorgeloop en kon 10 punte in die laaste 10 minute van die wedstryd aanteken.

Daarmee het die Pumas naelskraap uitgemis op ‘n bonuspunt.
Corné Fourie het ‘n mylpaal bereik deur in sy 100ste wedstryd vir die Pienkes uit te draf.

Foto’s: Kaptured Concepts


×