100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Covid-19-gevalle tel geleidelik op in Mbombela

Written by on June 17, 2021

Die derde golf van Covid-19-infeksies het nog net in Mbombela begin – en ‘n groter impak word later verwag.
Dr. Kim Faure van die Mediclinic-groep, sê Mpumalanga (en Mediclinic Nelspruit) toon tans wel ‘n geleidelike toename in gevalle.
Daar was teen gister 345 aktiewe gevalle in Mbombela, 52 in Thaba Chweu en 46 in Nkomazi. Volgens die gesondheidsdepartement het 91 270 mense in Mpumalanga inentings teen die virus ontvang.
Faure voeg by dat die hospitaal onder druk is, maar steeds kapasiteit het om alle pasiënte te help.

“Ons sien ‘n toename die laaste paar dae en weke. Dit is ‘n geleidelike toename, nie soos tydens die eerste en tweede vlae nie, maar dit is nog vroeg met die golf wat nou eers begin inkom.”
Sy voeg by dat dit vinnig kan verander van een dag na die volgende, maar sê hulle is gereed vir enige geval.
“Ons nooddienste is altyd beskikbaar. Nie alle pasiënte wat vir Covid-19 behandel word, vereis ventilators of intensiewesorg-behandeling nie, so al raak die intensiewesorg onder druk, het ons steeds beddens beskikbaar.”
Verder moedig hulle dit aan dat pasiënte hul geliefdes kan sien, maar die hospitaalbestuur moet dit self bepaal volgens hul eie situasie.
Faure het die mediese personeel uitgesonder, wat na meer as ‘n jaar sedert die pandemie uitgebreek het, die volgehoue druk ervaar en uitdagings trotseer. “Ons is baie dankbaar vir hulle.”
Sy sluit af dat mense moet volhou om ‘n veilige afstand van mekaar te hou, maskers te dra en hande te was.
“Ons moet ook seker maak ons kyk na ons ouer mense en registreer hulle om inentings te ontvang.”


×