100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Child Welfare: Geweld teen kinders word al hoe meer, en dit is oral

Written by on November 29, 2021

Die Covid-19 pandemie het geweld teen kinders baie vererger. Dit is volgens Nomfundo Myeza van Child Welfare Nelspruit.
Sestien dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het Donderdag afgeskop. Volgens Myeza is dit bitter nodig omdat dit die sameleweing aanpor om te praat oor die mishandeling van kinders, wat al hoe erger word. Sy sê dit raak elke gemeenskap, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond of kultuur.
Luister weer hier na haar gesprek met Mireille:

Mpumalanga se LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, het die provinsiale regering se 16 dae van aktivisme-veldtog Vrydag in Karinet afgeskop.
Sy het haar kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van geweld teenoor vroue en kinders sedert April. Sedert die begin van die finanisële jaar tot September is 84 vroue in die provinsie vermoor, 716 verkrag, 72 seksueel aangerand, en 3 164 aangerand.
Ntshalintshali het ‘n beroep gedoen op die polisie om meer kinderbeskermingseenhede te skep.
Kabokweni, Pienaar, Embalenhle, Emalahleni en KwaMhlanga is uitgelig as besonders kommerwekkend.

Intussen het die DA in Mpumalanga ‘n beroep gedoen op die polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, om ‘n plan op te stel om ernstige misdaad in die provinsie te bekamp.
Trudie Grovè-Morgan sê hulle beplan om dié mosie in die wetgewer voor te lê.
Die misdaadstatistiek vir Julie tot September toon ‘n 8,4% toename in seksuele aanranding en ‘n 10% toename in verkragting. ‘n Toename van 33% in ontvoering is ook in Mpumalanga aangemeld.
Volgens Grovè-Morgan moet 16 dae ‘n veldtog regdeur die jaar wees en moet almal saamwerk daarteen.
Om Child Welfare te ondersteun of om hulp aan te klop, kontak 013-753-3330.


×