100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Featured

Page: 288

Moody’s se afgradering van die land se kredietgradering na rommelstatus Vrydag kon nie op ‘n slegter tyd gekom het nie, aldus die tesourie. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld sakekamer het verduidelik dat staatskuld duurder gaan word en beleggingspatrone gaan verander. Rentekoerse gaan ook waarskynlik oor die volgende drie jaar verhoog word. Haar raad is egter […]

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n saak teen ‘n vrou wat na bewering fopnuus oor ‘n ander versprei het. Polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het bevestig dat die vrou valslik aangevoer het dat ‘n ander met die koronavirus besmet is. Die vrou het egter negatief getoets vir die virus. Hlathi het verder bevestig dat inwoners van […]

Die landbousektor se werksaamhede gaan voort tydens nasionale inperking Suid-Afrika se landbou- en voedselvoorsienings- netwerke is een van die noodsaaklike dienste wat in hierdie tyd van inperking toegelaat moet word om sonder verposing voort te gaan met hul dienslewering, sê die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling Thoko Didiza. Derhalwe is dit belangrik dat […]

Alita Steenkamp Die impak van Covid-19 op toerisme wêreldwyd is enorm. Linda Grimbeek, hoof operasionele beampte van die Kruger Lowveld Chamber of Business and Tourism (KLCBT) sê dit is ook die geval hier in Mpumalanga, wat ʼn toerismeparadys is. “Toerisme ly nie,” sê sy, “dis morsdood. Die eerste massa kansellasies het begin toe die grense […]

Wanneer baie dinge op 26 Maart om middernag tot stilstand kom met die aanbreek van die Suid-Afrikaanse nasionale inperking wat deur pres. Ramaphosa aangekondig is, is daar sekere noodsaaklike dienste wat nie gaan sluit nie. Een daarvan is die Nasionale Bloeddiens (SANBD) wat verskeie takke in die Laeveld het. SANBD is ʼn nie-winsgewende organisasie wat bloed […]

Times Live berig dat ʼn 25-jarige Franse toeris wat op 17 Maart die Kruger Nasionale Park binnegegaan het, met die koronavirus besmet is. Die toeris het die Krugerpark se dokter besoek met ʼn effense hoë koors en ʼn seer keel. Hy was bang dat dit dalk malaria kan wees. Die groep toeriste het op 14 […]

Op Saterdagoggend 28 Maart het die getal persone wat wêreldwyd deur die koronavirus besmet is, bo die 600 000 merk gestyg tot by 601 536. Die aantal sterftes staan op 27 441. Die land waar tans die meeste gevalle aangemeld is, is die VSA met 104 256 gevalle. 1704 mense het reeds in die VSA gesterf aan die […]

Die Lebombo-grenspos was Vrydagoggend baie besig, soos Mosambiekse burgers steeds probeer het om huis toe te gaan. Suid-Afrika het om middernag met ‘n 21-dag inperkingstydperk begin. Volgens TRAC N4 woordvoerder, Solange Soares, was dit Donderdag selfs besiger. Sy sê Suid-Afrikaners word nie deur die grens na Mosambiek toegelaat nie. Mense word ook nie in Suid-Afrika […]

Alita Steenkamp Dis nie net toiletpapier en handreinigers wat die laaste paar dae voor die aanbreek van die nasionale inperking van die rakke gevlieg het nie. In die voorbereiding vir die isolasie het baie mense gekies om hulle voorraad boeke aan te vul. Nicola Greeff, bestuurder van Bargain Books in i’langa Mall, sê sy was […]

Kry hier hulp of inligting Die volgende paar weke van afsondering gaan op vele maniere ʼn uitdaging wees. Nie alleen word ʼn mens verhoed om buite jou erf te beweeg nie, maar baie gesinslede gaan gedwing word om vir die eerste keer vir so ʼn lang ononderbroke tydperk net in mekaar se geselskap te wees. […]