100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Carling Kampioenespantrui 2022 onthul

Written by on June 30, 2022

Die wedstrydtrui vir die Carling Kampioenespan se kragmeting Saterdag teen Italië “A” in Nelson Mandelabaai is onthul.
Pumas-afrigter Jimmy Stonehouse en sy bestuurspan het as Curriebekerwenners die eer om vanjaar hierdie span, wat deur aanhangers gekies is, te brei.
Die groep van 30 spelers sluit sewe Pumas in. Hulle is Dewald Maritz, Shane Kirkwood, Willie Engelbrecht, Devon Williams, Eduan Swart, Andries Fouche en Alwayno Visagie.

Die span sal op 27 Julie hul Curriebeker oorwinning met ‘n toer deur Mbombela vier.
Die afskop Saterdag is om 19:45 by die Nelson Mandelabaai-stadion en word regstreeks op SuperSport uitgesaai – na die Springbokke hul eerste toets van die jaar teen Wallis speel.


×