100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

BUCO Nelspruit groet groot gees na 40 jaar

Written by on September 30, 2022

Daar is gisteraand op ‘n tradisionele, dog emosionele wyse afskeid geneem van Calie Olivier, een van BUCO Nelspruit se langsdienende werknemers.
Olivier is reeds 40 jaar betrokke by die maatskappy en was betrokke by sy groei van Laeveld Bou tot die BUCO Nelspruit wat dit vandag is.

Omdat die maatskappy werknemers steeds soos familielede behandel is die Calie-brug op die perseel na hom vernoem en ingewy om hierdie groot gees vaarwel toe te roep en om die fondasie wat hy help lê het, te eer.

Pottie Potgieter sê dit vorm die grondslag van die groot planne en vernuwing wat vir BUCO Nelspruit in die vooruitsig is.
Dit sou nie gepas wees om nie ook partytjie te hou nie, en Pieter Smith het gaste tot laataand aan’t dans gehou.


×