100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Omstandighede nou geskik vir voorbrande

Written by on June 26, 2020

Die grootste brandgevaar word eers later in die seisoen verwag maar inwoners word gemaan om eers met die plaaslike brandvereniging te kontak voor voorbrand gemaak word. Die noordelike gedeelte van Suid Afrika se brandseisoen het amptelik op 1 Junie afgeskop.
André Scheepers van die Laeveldse brandvereniging (Lefpa), sê die brandgevaar is veral hoog waar baie droë, brandbare materiaal voorkom, daar min reënval en in hoogliggende areas wat meer winderig is. Scheepers se raad aan boere is om nou voor te berei.

 

Tot dusver in Junie, moes LEFPA agt brande bestry in vergelyking met verlede jaar dieselfde tyd waar daar reeds 15 brande was.
Mense moet egter nie dink dat dit nie nodig is om voorbereidings te tref nie, maan Scheepers.
Die beste verweer is om voorbrande op jou grond te maak, en die weer is tans ideaal daarvoor.
Dit is veilig tot einde Julie. In Augustus gee Lefpa steeds toestemming daarvoor, maar dit word strenger beheer omdat die brandgevaar dan veel hoër is. Elke grondeienaar is verantwoordelik om voorbrandbane te maak aan sy kant van sy grens met sy buurman om te verhoed dat ‘n vuur tussen eiendomme versprei. Tog het die reën van ‘n paar weke gelede die brandrisiko verlaag.
Areas in en om plantasies, asook areas met aangeplante weiding en gewasse, het hoër risiko.
“Ons raai mense aan om saam te span wanneer hulle brand,” sê hy. “Vele hande maak ligte werk.”
Volgens Scheepers ontstaan die meeste brande waar voorbrande onverantwoordelik gedoen word. Kry eerder die nodige hulp en permit. Moet ook nie enige plek vuur maak nie, gebruik aangewese braaiplekke en moenie jou rommel in ‘n parkie strooi of tuinvullis daar brand nie. Hy voeg by dat inperking vir nuwe uitdagings gesorg het.
“Ons kon minder rondbeweeg as wat ons wou. Nou moet ons ook minder personeel gebruik.
“Ons moet twee voertuie gebruik om brandbestryders na vure toe te neem. Ons kan minder mense uitneem.

“Ons moet vlieëniers ook van mekaar weghou want as die een siek word is die hele vloot aangetas.” Hy voeg by dat inperking vir nuwe uitdagings gesorg het.
“Ons kon minder rondbeweeg as wat ons wou. Nou moet ons ook minder personeel gebruik.
“Ons moet twee voertuie gebruik om brandbestryders na vure toe te neem. Ons kan minder mense uitneem.
“Ons moet vlieëniers ook van mekaar weghou want as die een siek word is die hele vloot aangetas.”
Kontak Lefpa vir ‘n permit en raad. Besoek hul webtuiste by lefpa.co.za of kontak hulle by 086-066-3473.

 


×