100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bokke smaak groot oorwinning in Mbombela

Written by on August 7, 2022

Die Springbokke het gister hul 100%-toetsrugby-wenrekord by Mbombela-stadion behou deur die All Blacks met 26-10 af te ransel.
Meer as 42 000 toeskouers het die oorwinning, die eerste op tuisbodem teen Nieu-Seeland in agt jaar, en hul verste wen in amper 100 jaar (sedert 1928) by die stadion gevier.
Die 16 punte verskil was hul grootste sedert Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sport in 1992.

Kaptein, Siya Kolisi, het die ondersteuners geloof.
“Ek weet nie hoe Suid-Afrikaners dit doen nie. Hoe hulle opdaag, ten spyte van alles wat in ons land aangaan.
“Mense wat dit steeds kan bekostig, maak steeds die stadions vol en dit beteken alles vir ons as ‘n span.
“Om uit te draf en mense so te hoor skree spoor die span aan. (Afrigter) Jacques [Nienaber] herinner ons altyd: Dit gaan nie oor my nie.
“As ek ‘n fout begaan, moet ek aanhou, wat dit gaan oor die mense wat kom kyk hoe ons speel.
“Ek hoop ons het hulle trots gemaak, want hulle het ons vanaf die volkslied aangepor.”
Nienaber was tevrede met die vertoning deur sy span.
“Ons het gevra dat hulle met intensiteit opdaag en probeer om akkuraat te wees in wat ons beplan het, en ek dink ons het dit goed reggekry.
Die Bokke en All Blacks speel Saterdag hul tweede Rugbykampioenereeks-wedstryd teen mekaar by Ellispark in Johannesburg.

Fotos: Colorsport / Johan Orton


×