100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Boelies in die werksplek? Hier is raad

Written by on June 11, 2021

‘n Mens laat boelies nie altyd op skool agter nie – soms volg hulle ‘n mens tot in die ouetehuis.
So sê Hein Hofmeyr, opvoedkundige sielkundige van Mbombela.
‘n Boelie is enigiemand wat jou afknou en jou emosies affekteer. Hy stem saam dat dit dikwels in ‘n werksplek gebeur. Dit kan jou werkgewer wees, of ‘n kollega – en dikwels werk laasgenoemdes in groepe saam.
“Hulle voel as ‘n groep sterker,” vertel hy vir Sanett. “Hulle is besig om ‘n magspeletjie te speel.”
Hofmeyr sê jy boelie sodra jy iemand anders nie emosionele konneksie gee nie – as hulle byvoorbeeld nie hul emosies of gedagtes mag uitspreek nie, of hulself mag verdedig nie.
“Dit gaan oor beheer. Mense wat buite beheer voel, onseker of angstige mense – wanneer hulle iemand anders kan beheer voel hulle meer in beheer en minder angstig en bekommerd.”
Dit het weens die Covid-19-pandemie toegeneem – veral in die werksplek weens die onsekerheid van sommige werkgewers. Die gevolg is dat werknemers hul “stres-ontlading” ontgeld dit.
“Dit is irrasioneel, maar jy voel beter as jy iemand ander kan onderdompel,” sê Hofmeyr.
Volgens hom is die verskil tussen ‘n goeie baas en ‘n boelie, empatie. “Jy voel gehoor,” sê hy.
In ‘n krisis moet jou werkgewer kan streng eise stel, maar as dit permanent gebeur dat geen kompromie gemaak word nie – soos jou aansoek om verlof word heeltyd afgekeur – is dit nie meer gesond nie.
Sy raad is om te probeer beheer hoe jy op sekere gedrag reageer.
“Probeer ‘n oorwinnaar ingesteldheid aanleer. Sê ‘Ek gaan nie toelaat dat enige persoon my emosies, my gedagtes, my gedrag so kan affekteer en beheer dat ek eintlik iets doen wat teen my waardes en menswees is nie’.”
Luister weer hier na die volledige gesprek:


×