100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bietjie teater tref by Innibos

Written by on December 3, 2021

Bietjie-Bietjie-Bos mag veel kleiner wees as die fees waaraan Laevelders oor die jare gewoond geraak het, maar die aanbieding bly groot. Komedie en drama is vanjaar op die planke in drie teaterproduksies.
Die debuutproduksie “Wat As” word deur André Odendaal geregisseur en het Francois Jacobs, Adriaan van As en Simoné Pretorius in die rolverdeling. Die volgende vertoning is Saterdag om 14:00 by Mbombela-stadsteater.
Die Grotman is ook terug, maar hy is ouer en wyser. Phillru van Achterbergh vertolk dié ikoniese rol in “Groet die Grotman 2” wat in die manjifieke Sudwala-grotte speel. Daar is vanaand nog ‘n vertoning om 18:00.
Ook op die komedie-front ondersoek Hannes Brümmer en Neels Clasen die aard van humor in “Die Grapmakers” – en dit is nogal uit die pen van Lizz Meiring.
“Die Grapmakers” se volgende vertoning in die Mbombela-stadsteater is Vrydag om 19:00 en weer Saterdag om 09:00.
Kaartjies is by die deur en Computicket beskikbaar.
Luister hier wat die akteurs oor hul produksies, teater, en die kunste te sê het.


×