100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting oor Valley Farm-moorde

Written by on April 28, 2021

’n Beloning van R100 000 word aangebied vir inligting wat sal lei tot die arrestasie en suksesvolle vervolging van die aanvallers in die Valley Farm-moorde.
Annemarie Botha en haar seun Ruan Brits is Saterdagaand in hulle huis vermoor.
Volgens Bossies Community Justice se Albert Gryvenstein is dit ’n besondere moeilike ondersoek en die toneel was lelik.
“Jy kan geen moord regverdig nie, maar ek kan nie sien hoe soiets kon gebeur het nie,” sê hy. “Die brutaliteit van die moord maak my warm onder die kraag.”
Hy kan nie veel inligting oor die ondersoek deel nie, maar sê dit moes binne ’n kort tyd gebeur het.
Die gesin het net van ’n partytjie af by die huis gekom toe Fanie dadelik patrollie gaan ry het op die plaas – omdat daar die vorige aand ook ’n inbraak was.
Met sy terugkeer, sowat 30 tot 40 minute later, het hy op hulle liggame afgekom.
Later dieselfde aand is nog twee moorde gepleeg. Sowat twee kilometer van die plaas af is ’n man doogeslaan.
“Dit lyk of hy ook nogal erg aangerand is,” sê Gryvenstein.
Verder af in die pad is nog iemand baie wreed, onder andere met ‘n panga, doodgeslaan. Die vier moorde kan nie met mekaar verbind word nie, maar hy sê dit is belangrik om na die oorsake van misdade te kyk.

“In die afgelope jaar het ek nogal hard daaraan gewerk en ek het nou al soveel keer gesien hierdie plaasmoorde is nie noodwendig polities gedrewe nie. Dit speel partykeer ’n rol, maar dit is nie noodwendig die hoofrede nie.
“Daar is ’n klomp faktore wat daartoe lei. In ons omgewing sou ek sê renosterstropery is nogal ’n baie groot bydraende faktor. Mensehandel, en dan natuurlik ons grootste probleem is dwelms. Dit is alles faktore wat ‘n rol speel wanneer moorde gepleeg word.”
Gryvenstein voeg by dat die polisielede wat aan die saak werk ’n goeie span is.
“Hierdie is ouens saam met wie ek al in die verlede gewerk het, en hulle het al baie groot suksesse behaal. Hulle is baie ywerige manne.”
Maandagaand het sowat 13 polisielede, van wie sommige van diens af was, deurnag saam met hom gewerk om leidrade op te volg, bloot omdat hulle wou help. Volgens hom is net een ondersoekbeampte aangestel.
“Die enigste ding wat my pla, is dat hierdie nie ’n taakspan is vir hierdie spesifieke saak nie. Hulle kan vandag en more oorlaai word met ander sake en dan kan dinge weer lou word en koud word. So ek sou graag wou sien dat daar ’n spesiale taakspan vir hierdie saak op die been gebring word.”
’n Roudiens word Donderdag om 10:00 gehou by die Nederduitsch Hervormde Kerk Nelspruit in Belladonnastraat in Mbombela om 10:00.
As jy enige inligting het ook die aanval, kontak Gryvenstein by 082-567-5212


×