100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

BCJ: Meer omvattende benadering tot ondersoeke nodig

Written by on July 30, 2021

Bossies Community Justice (BCJ) is die enigste niewinsgewende organisasie in die Laeveld wat die polisie en sekuriteitsmaatskappye bystaan om misdaad te bekamp.
Operasionele bestuurder, Albert Gryvenstein, werk daagliks daarvoor. Hierdie ervare ondersoeker is egter gewoonlik ongesiens deur die publiek agter die skerms betrokke met die bekamping en oplos van misdaad.
Hy het met Ludi gesels oor hoe ooglopend verskillende misdade aan mekaar verwant is.

Oor mensehandel, dwelms, transitoroof, renosterstropery, motorkaping, huisroof en plaasaanvalle sê Gryvenstein: “Op die einde van die dag kom baie van dit bymekaar” en dit moet ondersoek word.
Soos twee verdagtes wat in die Krugerwildtuin vasgetrek word voor hulle ‘n dier kon stroop. Hulle word aangekla van betreding, ‘n onwettige vuurwapen en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.
Gryvenstein wil die mannekrag hê om te ondersoek vir wie hulle skiet en waar die vuurwapen vandaan kom, want ballistiese toetse kan so lank neem dat die verdagtes die gereg ontglip.
“Dit is ‘n hengse kringloop hoe alles bymekaar kom. As jy dink hier word ‘n renoster gestroop, maar wat het alles gebeur in die aanloop tot die stropery self?”
Om BCJ te ondersteun – om op hul beurt die gemeenskap te ondersteun – kontak Gryvenstein by 082-567-5212.


×