100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Barberton se damvlak daal tot onder 15%

Written by on December 9, 2020

Dit is nou algemeen in Barberton om vir tussen twee en vier dae op ‘n slag sonder water in jou krane te wees.
DA-raadslid, Philip Minnaar, sê daar is geen manier om te voorspel wanneer water in watter areas aan- en afgesit sal word nie.
Die Lomati-dam, wat die area van water voorsien, was twee weke gelede net sowat 16% vol. Dít word tans op sowat 14% beraam.
“Dit word net erger,” sê hy.

Verder gaan die vraag na water op met die intensiteit van lank nie water hê nie. Watertenks is gestuur na die areas met die grootste nood.
Verskeie aftappunte is beskikbaar vir die publiek, waar hulle by sentrale punte water af kan haal.
Die langtermyn-oplossing bly egter om dringend ‘n nuwe dam in ‘n groter opvangsgebied te bou, voer Minnaar aan.
In ‘n ope brief aan die burgemeester van Mbombela-munisipaliteit, Sibusiso Mathonsi, skryf hy dat 10 jaar reeds verspeel is om die krisis aan te spreek.
“Die Lomati is nie eens genoeg wanneer dit vol is nie, maar steeds keur Mbombela ontwikkelings in die area goed,” sê hy.
Hy kla die munisipaliteit kommunikeer nie met inwoners nie, en dat hulle betaal vir dienste.
Sommige inwoners hou ook vol om hul tuine nat te lei en hul karre met tuinslange te was en water te mors. In die brief skryf Minnaar dat hulle glad nie gepolisieer word nie.
Hy voeg by dat, in 2014 en weer in 2016 (nadat Umjindi en Mbombela munisipaliteite saamgesmelt het), het ‘n private ontwikkeling aangebied om drie damme vir hidro-kragopwekking te bou. Die ooreenkoms is nooit geformaliseer nie.
Die burgemeester het nie op sy brief geantwoord nie. Die woordvoerder vir die munisipaliteit kon nie vir kommentaar bereik word nie. 


×