100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

ANC-raadslid in Nkomazi doodgeskiet

Written by on April 3, 2024

Die polisie in Tonga ondersoek ‘n moord en roof na ‘n 35-jarige raadslid van Nkomazi-munisipaliteit gisteraand vermoor is.

Volgens die woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, het vier verdagtes Thabo Ngwenya se huis in Mangweni naby Komatipoort binnegestorm.

Hy is twee keer geskiet en sy vrou is aangerand.

Die verdagtes het met hul selfone en Toyota GD-6-bakkie gevlug.

Ngwenya is by die hospitaal dood.

Mdhluli sê die motief vir die aanval is onbekend.

Luister:

Sien ook: Man gesoek wat twee vroue in Matsulu doodsteek


×