100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Alles wat jy wil weet van Vodacom Mpumalanga se nuwe 5G-netwerk

Written by on August 6, 2021

Vodacom Mpumalanga het nou ‘n aktiewe 5G-netwerk in Mbombela. Dit maak hulle die eerste diensverskaffer om dit in die provinsie te bied.
Monde Ngcukana, uitvoerende hoof van bedrywighede vir Vodacom in Mpumalanga, sê dit is bloot die jongste tegnologie.
Dit bied, kortweg, drie groot voordele. Eerstens is die spoed van die internet meer as 22 keer vinniger as dié van 4G. Dit maak jou aflaaispoed so vinnig dat jy video’s beter, aaneen en teen ‘n hoër kwaliteit kan stroom.
Tweedens is daar minder vertragings, wat veral vir mense wat aanlyn speletjies speel ‘n groot voordeel inhou. Derdens bevorder dit masjien-tot-masjien-kommunikasie. Jy kan dus meer huishoudelike toestelle daarop inspan sonder om die netwerk se kwaliteit te affekteer. Volgens Ngcukana beloof dit hoër resolusie vir onder meer jou sekuriteitskameras.
Die netwerk is tans beskikbaar in Mbombela se sakekern, en ‘n bietjie in die stad se oostelike deel (Valencia-area). Daar is ook planne om 5G uit te brei na eMalahleni, Middelburg en mettertyd Secunda.
“Die netwerk groei voortdurend,” sê hy. “Dit sal gedryf word deur vraag: Hoe meer ons kliënte 5G wil hê, hoe vinniger sal ons dit bou.”
Bestaande torings word vir 5G gebruik en die bestaande 2G-, 3G- en 4G-netwerke bly ook in gebruik. 5G-toestelle is tans ook nog aansienlik duurer as ander, iets wat Ngcukana verwag met tyd sal afkom.
Maar presies hoe werk 5G en hoe verbeter dit mense in landelike areas se toegang tot vinnige internet?
Luister hier na Ngcukana se verduideliking.


×