100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Alkohol en sigarette steeds taboe

Written by on April 18, 2020

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het op Donderdag in ʼn nuuskonferensie aangekondig dat strenger maatreëls in plek gestel word om die vervoer van alkohol te verbied. Die verkope van sigarette bly ook steeds onwettig en die maatreël sal geld tot ten minste die einde van April wanneer die nasionale inperking beëindig word. Die enigste alkohol wat wel vervoer mag word, is die wat gebruik word in handontsmettingsmiddels en industriële produkte.

Die verbod op die verkope van bier, wyn en sterk drank sowel as sigarette en tabakprodukte is aan die begin van die inperkingstyd in werking gestel. Op Donderdagaand 9 April het pres. Cyril Ramaphosa die inperkingstyd tot aan die einde van April verleng. Dlamini-Zuma het ook gesê dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in fases oopgestel sal word en Suid-Afrikaners sal weekliks van die nuwe verwikkelinge ingelig word. Sy het ook bygevoeg dat die verbod op sekere produkte nog vir ’n baie lang tydperk gaan geld, maar sy wou nie spesifiseer waarna sy verwys nie.

Die minister in die Presidensie, Jackson Mthembu het bevestig dat die verbod op die koop en verkoop van sigarette steeds geld. Hierdie is slegte nuus vir rokers wat hulle hoop daarop gesit het dat die verbod op die koop en verkoop van sigarette opgehef sal word. Dit wil dus lyk asof Laevelders vir die res van die inperkingstyd ook sonder ʼn glasie wyn of ʼn bier sal moet klaarkom.


×