100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Agtste verdagte vas vir moord op polisiebeampte in Kabokweni

Written by on September 19, 2022

‘n Agtste verdagte is Saterdagmiddag aangekeer in verband met die moord op sers. Enock Themba Nsimba in Kabokweni.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het die polisie op 25 Maart reageer op ‘n gewapende roof by ‘n gastehuis toe die aanvallers op hulle geskiet het.
Die 37-jarige Nsimba is noodlottig gewond.
Ses verdagtes is op die toneel aangekeer en ‘n sewende het homself later aan die polisie oorhanding.
Die 33-jarige verdagte behoort vandag in die hof te verskyn. Die borgaansoek vir die ander sewe gaan op 27 September voort.

=============
28 Maart
‘n Mannejag is geloods na sowat agt verdagtes wat Vrydagoggend betrokke was by die skietdood van sers. Enok Themba Nsimba (37).
Hy is noodlottig gewond toe die polisie reageer het op ‘n wenk oor ‘n saamtrek van 15 vermeende kriminele by ‘n gastehuis in Kabokweni.
Ses verdagtes is aangekeer en sal vandag in die hof verskyn.
Mohlala sê die verdagtes het op die polisielede geskiet terwyl hulle probeer vlug het en Nsimba is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Agt vuurwapens, onder meer ‘n AK-47, is op die toneel gekonfiskeer, sowel as vier voertuie.


×