Hierdie is die mees belangrikste unieke redes van bestaan (unique selling points). Wat is die belangrikste punte om op te fokus, wat jou diens of produk laat uitstaan bo die volgende besigheid in jou bedryf?
Hou ingedagte dat 'beste diens', 'beste prys', 'vriendelike of gekwalifiseerde personeel' en soortgelyke stellings al holrug gery is. Kweek belangstelling. Onthou 'less is more' en 'een idee per advertensie' - effektiewe advertensies fokus net op een aspek van die besigheid, diens of produk - die doel van 'n advertensie is om mense se belangstelling te kweek - nie om die diens of produk 'te verkoop' nie, daarvoor word verkoopspersoneel opgelei en betaal!