100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie ontken menseregte-vergrype tydens Operasie Vala Umgodi in Barberton

Written by on August 6, 2025

Die 24 vermeende onwettige mynwerkers wat Maandag by Sheba-myn igearresteer is, sal vandag in die Barberton-landdroshof verskyn.

Nog 30 individue het Dinsdag na die oppervlak gekom.

Dit bring die totale aantal verdagtes wat sedert Vrydag aangekeer is op 550 te staan.

Hulle is afkomstig van Suid-Afrika, Eswatini, Mosambiek, Zimbabwe en Lesotho.

Ses is minderjarig.

Die polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli:

Die Mpumalanga polisie het verder beweringe ontken dat hulle tydens die uitvoer van Operasie Vala Umgodi kos weerhou het van die mynwerkers in ‘n poging om hulle na die oppervlak te dwing.

Die polisie sê hulle is ten volle verbind tot die beskerming van menseregte en tree op binne die wet.

Meer as 480 vermeende onwettige mynwerkers het Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn.

Onder hulle was vier minderjariges.

Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga sluit die aanklagte teen hulle betreding, die diefstal van gouddraende materiaal en oortreding van die Immigrasiewet in.

Luister:

Hulle is Vrydag by ‘n Barberton-myn aangekeer tydens ‘n gesamentlike operasie tussen die polisie en Sheba-myn teen onwettige mynbou-aktiwiteite.

Sien ook: Honderde onwettige immigrante in Barberton gearresteer

Van die beskuldigdes is daar aan 26 borgtog van R2 000 elk toegestaan.

Die saak is uitgestel tot 11 en 12 Augustus vir nog moontlike borgaansoeke.