Driejarige van Masoyi word vermis
Written by Mireille on July 21, 2025
Die polisie doen ‘n beroep vir inligting oor ‘n driejarige seuntjie wat Sondagmiddag in Masoyi vermis geraak het.
Nkosingiphile Ndwane Ntiwane het in die erf van sy ouerhuis in Mshadza Trust gespeel toe sy pa hom omstreeks 13:00 nie kon vind nie.
Bure en ander gemeenskapslede het gehelp om na hom te soek, maar hulle kon hom nie vind nie.
Ten tyde van sy verdwyning het Nkosingiphile ‘n militêr-gekleurde speelpakkie en ‘n perskekleurige trui aangehad.
Hy is doof en stom.
Enigiemand met inligting wat kan help om hom op te spoor, word versoek om kapt. David Hlatshwayo by 076-451-5495 te kontak.