Botsing eis drie lewens in Middelburg
Written by Mireille on July 18, 2025
Drie mense is dood in ‘n trompop botsing tussen ‘n Sprinter minibus en ‘n Quantum minibus tussen die R555 en Mandela-rylaan in Middelburg vanoggend.
‘n Derde voertuig, ‘n bakkie, het ook teen een van die taxi’s vasgery.
Die slagoffers, twee mans en ‘n vrou, is op slag dood. Hulle was passasiers.
Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid is minstens 14 mense, insluitend een van die bestuurders, ernstig beseer.
Drie mense, waaronder die bakkiebestuurder, het ligte beserings opgedoen.