SA Beker: Boland Kavaliers in halfeind teen Pumas
Written by Mireille on May 13, 2025
Die Boland Kavaliers het Saterdag ‘n bonuspuntoorwinning van 36-22 oor die Oostelike Provinsie behaal om die vierde plek op die SA Beker-punteleer te verseker, wat vir hulle ‘n plek in die Curriebeker se premierafdeling bespreek.
Die onoorwonne Airlink Pumas het die Griffons se kwalifikasiepoging met ‘n 48-7 oorwinning gestop.
Die Griekwas het ‘n opwindende 31-29 sege oor die Cheetahs beklink.
Die Kavaliers reis nou na Mbombela-stadion vir hul halfeindronde teen die Pumas, wat bo-aan die punteleer pronk.
Die Griekwas, in tweede posisie, speel tuis teen die Cheetahs in die ander semifinaal.
Die Puma-span (Jimmy Stonehouse, Marius van Resnburg en Sam Sikiwe) kuier in die ateljee.
Luister: