Voormalige veldwagter in hof weens onwettige jag in wildtuin
Written by Mireille on May 13, 2025
‘n Voormalige veldwagter het gister in die hof in Masoyi verskyn op aanklagte van onwettige jag en betreding van die Krugerwildtuin.
Die 59-jarige Alfred Khosa is Sondag saam met Kenneth Ntimane aangekeer deur veldwagters op patrollie in die Skukuza-seksie van die wildtuin.
Hulle het die voetspore van vier verdagtes gevolg.
Twee kon vlug. Khosa en Ntimane was glo in besit van ‘n impala-kop, ‘n vlakvark en sewe strikke.
Die saak is tot 15 Mei uitgestel vir ‘n formele borgaansoek.
Khosa is in 2021 afgedank weens aanklagte van samenswering om ‘n misdaad te pleeg. Die saak word steeds in die Skukuza Hof gehoor.