100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

2022 Hoogtepunte #1: Die Springbokke wen die All Blacks in Mbombela

Written by on December 30, 2022

Die Springbokke het op 6 Augustus hul 100% toetsrugby wenrekord by Mbombela-stadion behou deur die All Blacks met 26-10 af te ransel.
Meer as 42 000 toeskouers het die oorwinning aanskou.
Dit was die eerste op tuisbodem teen Nieu-Seeland in agt jaar en Suid-Afrika se verste wen teen die gedugte span in amper 100 jaar (sedert 1928).
Kyk nog foto’s: Springbokke wen 26-10 teen die All Blacks
Die 16 punte verskil was hul grootste sedert die land se hertoelating tot internasionale sport in 1992.
Die direkte ekonomiese impak op die area word beraam in die omgewing van R200 miljoen. Boonop bied dit ‘n groot bemarkingsgeleentheid.
Lees meer: All Black toets bring inspuiting van honderde miljoene

Foto: Colorsport / Johan Orton


×