100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tweede verdagte vas vir moord op verkeersbeampte

Written by on March 20, 2023

‘n Tweede verdagte is aangekeer vir die moord verlede Saterdag op ‘n verkeersbeampte.

Die 60-jarige Judas Chiloane is langs die pad tussen Hazyview en Graskop doodgeskiet deur twee gewapende mans.

Die 45-jarige verdagte het van die misdaadtoneel gevlug. Die Valke het hom by sy huis in Nyongane, Hazyview aangekeer.

Hy sal die week in die hof verskyn.

Sy medebeskuldigde, Charles Mabuza, verskyn weer Donderdag, 23 Maart, in die Witrivier-landdroshof. Hy bly in aanhouding.

==========

Mans in hof na moord op verkeersbeampte – 15 Maart 15:47

Twee verdagtes het vandag afsonderlik in die Witrivier-landdroshof verskyn na die moord op ‘n verkeersbeampte.

Judas Chiloane (60) was die hoof munisipale verskeersbeampte.

Hy is Saterdag langs die pad tussen Hazyview en Graskop doodgeskiet.


Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, sê hy was saam met ‘n vriendin langs die pad geparkeer toe gewapende mans uit die bosse verskyn.

Hulle het sy vuurwapen by hom afgeneem en hom geskiet voor hulle op die vlug geslaan het.

Hy is later op die toneel dood verklaar.

Twee verdagtes is Maandag by Shabalala Trust naby Hazyview aangekeer.

Charles Mbungeni Mabuza (35) word aangekla van moord en die besit van ‘n onwettige vuurwapen.

Harward Malume Mashego (38) word aangekla van die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Beide sake is uitgestel tot 22 Maart.

“Ons ondersoek toon dat die tweede verdagte nie teenwoordig was by die moord nie,” sê Sekgotodi.

Dié tweede verdagte word gesoek.


×