100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sestien vermeende onwettige mynwerkers in Sabie vasgetrek

Written by on December 18, 2023

Sestien verdagtes sal na verwagting vandag in die Sabie-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbou-aktiwiteite.

Twee vroue en 14 mans word ook aangekla van oortreding van die Immigrasiewet.

‘n 28-jarige Suid-Afrikaanse man is ook gearresteer vir die onwettige besit van goudhoudende grond.

Hulle is Donderdag in Sabie vasgetrek as deel van Operasie Shanela.

Volgens die Mpumalanga polisie sluit die verdagtes vier burgers van Malawi, vyf van Mosambiek en ses van Zimbabwe in.

Van die items waarop daar tydens die operasie beslag gelê is en wat vermoedelik vir onwettige mynaktiwiteite gebruik is, sluit in verskeie stukke toerusting sowel as twee 50 kg-sakke met goudhoudende grond, 25 daggaplante, ‘n mediumgrootte sonpaneel en ‘n speelgoedgeweer.

Sien ook: Twee vermeende transitorowers in 2024 verhoor


×