100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

100.5FM Nuus

23 Julie

08:00

# Konstitusionele Hof baan die weg om Sasol vir prysvasstelling te vervolg

# Menseregtekommissie vra vir uitwissing van puttoilette in Mpumalanga

# En die Tour de France-kampioen gaan nie aan Olimpiese Spele deelneem nie

# Die Mededingingskommissie het die groen lig gekry om Sasol te vervolg oor bewerings van buitensporige pryse vir aardgas. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof Sasol se aansoek vir verlof tot appèl van die hand gewys het. Die saak handel oor bewerings dat Sasol byna ʼn dekade lank gaspryse gelaai het. Die kommissie se voorlopige bevindings dui daarop dat die chemiese en energiemaatskappy pryse met tot 72-persent opgestoot het. Sasol sê hy oorweeg die mees gepaste manier om voort te gaan.

# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in Mpumalanga versoek die regering om die uitwissing van putlatrines en emmertoilette te versnel. Statistieke Suid-Afrika berig meer as 17-duisend huishoudings gebruik steeds hierdie stelsels. Die provinsiale bestuurder van die SAMRK, Eric Mokonyama, is bekommerd oor die skending van inwoners se regte. ‘n Vergadering oor die uitwissing van puttoilette in openbare skole word vir 29 Julie beplan. Die LUR vir Menslike Nedersettings, Speedy Mashilo, word versoek om met munisipaliteite saam te werk en om ‘n volledige plan voor te lê.

# Die EFF sê die regering van nasionale eenheid wil ‘n situasie hê waar hulle die uitvoerende gesag én oorsig is, en daardeur die opposisie uitskakel. Die regering van nasionale eenheid beheer byna 70-persent van die Parlement. Die EFF-woordvoerder, Omphile Maotwe, sê dis ‘n grondwetlike plig om die uitvoerende gesag te kritiseer en hulle neem dit ernstig op. Sy sê die Progressiewe Koukus is die beste ontwikkeling om parlementêre oorsig te versterk: KLANK: ENG MaotweOnExecutive

# Nuus uit die buiteland: Die direkteur van die Amerikaanse Geheimediens, Kimberly Cheatle, sê sy neem volle verantwoordelikheid vir die mislukking om oud-president Donald Trump op 13 Julie te beskerm. Trump het ‘n sluipmoordpoging by ‘n verkiesingsaamtrek in Butler, Pennsilvanië oorleef. Die Huis van Verteenwoordigers se Oorsigkomitee het Cheatle gister intens ondervra. Sy het erken die sluipmoordpoging is een van die grootste mislukkings van die Geheimediens in dekades: KLANK: ENG CheatleOnSecurity

# Sport: KLANK:

# Die rand verhandel teen 18-rand 24-sent teen die dollar, 19-rand 88-sent teen die euro en 23-rand 60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-617-dollar 15-sent. Die prys van goud is twee-duisend-398-dollar 20-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar 93-sent per vat.

=============

23 Julie

09:00

# COSATU veroordeel aanvalle op noodpersoneel in Kabokweni

# Europese Unie ontneem Hongarye sy reg om hoëvlakvergaderings aan te bied

# Tennis: Vondrousova en Hurkacz onttrek weens beserings aan Olimpiese Spele

# Die vakverbond COSATU het aangesluit by die Suid-Afrikaanse Vakbond vir Noodpersoneel met die veroordeling van aanvalle op noodwerkers. Dit volg na die aanranding van twee paramedici Saterdag in Kabokweni. ‘n Man en vroulike paramedikus is aangerand deur familielede van ‘n pasiënt wat hulle blameer het dat hulle laat was. Die woordvoerder van Cosatu, Zanele Sabela, doen ‘n beroep op gemeenskappe om nooddienswerkers te beskerm en vra die Mpumalanga Departement van Gesondheid om veilige werksomstandighede te verseker. KLANK: ENG-SabelaOnParamedics

# Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die Departement van Hoër Onderwys beskuldig dat hy onverantwoordelik is na hy 580-miljoen-Rand se fondse wat nie spandeer is na die Nasionale Tesourie teruggestuur het. Dit het tydens die voormalige minister Blade Nzimande se ampstermyn gebeur. Die geld kon nege-duisend-en-71 studente vir ‘n volle akademiese jaar onderhou het. Die departement het terselfdertyd jaarliks sewe-miljoen-Rand aan 30 geskorste werknemers betaal. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku sê die onderbesteding is wanbestuur deur die departement: KLANK: ENG TrevoronHighEducation

# Nuus uit die buiteland: Hongarye het die Europese Unie se besluit om sy volgende vergaderings van buitelandse en verdedigingsministers van Boedapest na Brussel te verskuif, as uiters kinderagtig beskryf. Die verskuiwing is weens die Hongaarse eerste minister, Viktor Orbán, se standpunt oor die oorlog in Oekraïne. Hy het onlangs gesê die EU volg ʼn pro-oorlogsbeleid met sy ondersteuning aan Oekraïne. Die Europese Raad se president, Charles Michel, het Orbán se bewerings verwerp en sê Rusland is die aggressor en Oekraïne die slagoffer wat sy wettige reg tot selfverdediging uitoefen.

# Tennis: Die heersende Olimpiese silwermedaljehouer, Marketa Vondrousova, gaan die Spele in Parys weens ‘n handbesering misloop. Sy sou aan die enkelspel en ook in die dubbelspel saam met Karolina Muchova, as deel van die Tsjeggiese span deelneem. Die span sluit ook die nuwe Wimbledon-kampioen, Barbora Krejcikova, in. Die wêreld se nommer-sewe-speler, Hubert Hurkacz van Pole, is intussen ook uit die Spele weens ‘n kniebesering wat hy by Wimbledon opgedoen het. Olimpiese tennis begin Saterdag op Roland Garros.

# Die rand verhandel teen 18-rand 26-sent teen die dollar, 19-rand 88-sent teen die euro en 23-rand 60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-433-dollar 30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-391-dollar 71-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar 30-sent per vat.

# En ten slotte: Drie plekke in Suid-Afrika is vir Wêrelderfenisstatus benoem. Dit is die Diepkloof Rotsskuiling naby Elandsbaai, die Pinnacle Point-kompleks in Mosselbaai en die Sibhudu-grot in KwaZulu-Natal. Die Wes-Kaapse LUR vir Kulturele Aangeleenthede en Sport, Ricardo Mackenzie, sê wanneer plekke se benoemings suksesvol is, word dit ingevolge die Wêreld-erfeniskonvensie beskerm en op die Wêreld-erfenislys geplaas: KLANK: ENG RicardoonSites

===============

12:00

# Spesiale Ondersoekeenheid lê beslag op bates van 52-miljoen-Rand in Covid-19-beskermingstoerusting-korrupsiesaak

# Kamala Harris kry genoeg ondersteuning om presidensiële kandidaat te word

# Olimpiese Spele: Blitsbokke glo hulle kan ‘n medalje vir Span SA inoes

# Die Spesiale Ondersoekeenheid, die Batebeslagleggingseenheid en die Valke het vandag beslag gelê op bates van meer as 52-miljoen-rand wat met die 2020/2021 Covid-19 beskermingstoerusting korrupsiesaak verband hou. Kaizer Kganyago het aan die SABC gesê 22 senior hoofde van die Departement van Openbare Werke in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap is in hulle visier. Hy sê die span het sowat 34 plekke geteiken: KLANK: ENG-KganyagoOnAssets

# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Suid-Afrika fokus daarop om ambisieuse aksies in te stel om die vrystelling van kweekhuisgasse te verminder. Dit sluit pogings deur die Billike Energieoordrag-beleggingsplan in. Die minister het die agste sitting van die Ministeriële Vergadering oor Klimaatsverandering in Wuhan, China, toegespreek. George sê die land bly verbind om sy regverdige bydrae te lewer om die klimaatskrisis te hanteer, asook die ekonomiese oorgang na ʼn laekoolstof-toekoms.

# Die vise-kanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, professor Imraan Valodia, sê die land het nuwe denke nodig om die ekonomie op ‘n pad te plaas wat werksgeleenthede skep. Valodia sê om Suid-Afrika se werkloosheidskrisis op te los, verg vernuwende denke en ‘n erkenning dat beleidsrigtings wat die arbeidsmark wil dereguleer, nie die oplossing is nie. Hy sê die land het ‘n beleid nodig wat die vraag na arbeid verhoog en dit beteken ‘n nuwe rigting van groei wat indiensneming voorop stel. Dit kan onder meer groter staatsbesteding in plattelandse gebiede en informele nedersettings wees.

# Nuus uit die buiteland: Amerika se visepresident, Kamala Harris, het genoeg Demokratiese afgevaardigdes se ondersteuning gekry om as die party se presidentskandidaat benoem te word. Sy het meer as die een-duisend-976 wat sy nodig het vir die benoeming op die eerste stembrief. Harris kan eers volgende maand op die Demokrate se nasionale konvensie amptelik as kandidaat benoem word. Sy het by die verkiesings-hoofkwartier in Delaware gesê sy wil die party en Amerika verenig, en Donald Trump van die Republikeine verslaan: KLANK: ENG HarrisOnTrump

# Olimpiese Spele: Die Springbok-Sewes begin môre hulle veldtog teen Ierland in Parys. Suid-Afrika het op die nippertjie gekwalifiseer en hulle fokus is nou om ‘n medalje te wen. Die Blitsbokke is in Groep-A, wat ook Nieu-Zeeland en Japan insluit. Die afrigter, Philip Snyman, glo hulle kan ‘n teleurstellende seisoen omkeer en ‘n medalje vir Span Suid-Afrika inoes: KLANK: ENG Philip Snyman

# FINANSIES

===============

13:00

# Spesiale Ondersoekeenheid lê beslag op bates van 52-miljoen-Rand in Covid-19-beskermingstoerusting-korrupsiesaak

# Ramaphosa onderteken die Wetsontwerp op Klimaatsverandering

# Rugby: Kolisi voer sterk Springbokgroep vir Rugbykampioenskap aan

# Die Spesiale Ondersoekeenheid, die Batebeslagleggingseenheid en die Valke het vandag beslag gelê op bates van meer as 52-miljoen-rand wat met die 2020/2021 Covid-19 beskermingstoerusting korrupsiesaak verband hou. Kaizer Kganyago het aan die SABC gesê 22 senior hoofde van die Departement van Openbare Werke in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap is in hulle visier. Hy sê die span het sowat 34 plekke geteiken: KLANK:

# President Cyril Ramaphosa het die Wetsontwerp op Klimaatsverandering onderteken. Dit maak voorsiening vir die ontwikkeling van doeltreffende optrede teen klimaatverandering en ‘n langtermyn, billike oorgang na ‘n lae-koolstof en klimaatveerkragtige ekonomie en samelewing. Ramaphosa se woordvoerder Vincent Magwenya sê die Wet op Klimaatsverandering is ook gemik op die verbetering van Suid-Afirka se vermoë om mettertyd kweekhuisgas-uitstralings te verminder en klimaatveerkragtigheid op te bou: KLANK: ENG-MagwenyaOnClimateAct

Build One South Africa sê die regering van nasionale eenheid het ʼn onbedoelde gevolg wat die Parlement se aanspreeklikheidsrol verswak. Tans is 70-persent van die Parlement deel van die regering van nasionale eenheid en een uit elke vyf parlementslede is ministers of adjunkministers. BOSA se onderleier, Nobuntu Hlazo-Webster, sê die regering moenie aanspreeklikheid opoffer vir eenheid in die regering nie: KLANK: ENG WebsterOnGNU

# Sport: KLANK:

# FINANSIES

# En ten slotte: Die koning van popmusiek, Michael Jackson, se ondertekende sketse gaan volgende maand in Los Angeles opgeveil word. King’s Auctions sê Jackson is deur talle kunsvorms beïnvloed – van klassieke werke en argitektuur tot pop-kuns en selfs formele portretstudies. Die maatskappy sê hy was ook baie lief vir Londense en Britse kunsstyle. Agt-en-sewentig kunswerke gaan opgeveil word. Jackson is in 2009 in die ouderdom van 50 oorlede.

==============

15:00

# Kleinsake-ondernemings kry hupstoot met ondertekening van Wysigingswetsontwerp op Kleinsake

# MK-party se Jeugliga kritiseer AfriForum se hof-aansoek teen Hlophe

# En dramatiese afname in renosterstroping in KZN weens onthoring-veldtog

# President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Nasionale Kleinsake as wet bekragtig. Dit wysig die Nasionale Kleinsakewet van 1996 om ʼn nuwe instelling, die Kleinsake-ontwikkelings-finansiële Agentskap, te skep. Die president sê die agentskap sal ʼn eenstop-hulpmiddel vir entrepreneurs wees en die ontwikkeling van koöperatiewe bankinstellings bevorder. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya sê die wet maak ook die ombud-dienskantoor vir Kleinsake moontlik wat ʼn billike handelsomgewing vir kleinsake-ondernemings skep: KLANK: ENG-MagwenyaOnSmallEnterprisesBill

# Die MK-party se Jeugliga sê AfriForum se aansoek teen sy hoofsweep in die Parlement, John Hlophe, is ongegrond, opsetlik en irrasioneel. AfriForum het ‘n aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om in te gryp en die voormalige regter se aanstelling op die Regterlike Dienskommissie as irrasioneel, onwettig en ongrondwetlik te verklaar. Die jeugliga se woordvoerder, Nkateko Mkhabela, sê die aansoek kom neer op misbruik van die hofproses: KLANK: ENG NkatekoonAfriforum

Die DA sê hy het dokumente by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien teen die aanwysing van Hlophe op die Regterlike Dienskommissie. Helen Zille sê die aansoek is om Hlophe dringend te verbied om op die RDK te dien, hangende die uitkoms van die tweede deel. Dit behels dat die party vra dat die Nasionale Vergadering se besluit om Hlophe as die MK-party se verteenwoordiger op die kommissie aan te wys, hersien en herroep moet word: KLANK: ENG HelenonJohnHlophe

# Olimpiese Spele: Die basketbal-legende, LeBron James, sal Vrydag een van Span Amerika se vlagdraers wees tydens die openingsplegtigheid in Parys. Die res van die span het die 39-jarige gekies vir die plegtigheid op die oewer van die Seine, wat dit die eerste openingsgeleentheid maak wat buite die hoofstadion aangebied word. Die atlete sal op vlotte hulle verskyning maak. James sê dit is ‘n ongelooflike eer om Amerika te verteenwoordig op die internasionale verhoog, veral omdat dit ‘n oomblik is wat die hele wêreld kan verenig.

# Die rand verhandel teen 18-rand 41-sent teen die dollar, 20-rand 01-sent teen die euro en 23-rand 78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-656-dollar 62-sent. Die prys van goud is twee-duisend-408-dollar 76-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar 06-sent per vat.

# En ten slotte: Ezemvelo KZN Wildlewe berig ‘n aansienlike daling in renosterstroping sedert daar in in April met ‘n onthoring-veldtog begin is. Voorheen is 30 tot 40 renosters maandeliks gestroop, maar dit het afgeneem tot gemiddeld vyf per maand vir Mei tot Julie. Woordvoerder Musa Mntambo sê Ezemvelo het begin met die oprigting van ‘n nuwe slimheining by die Hluhluwe-iMfolozi-park om renosterstroping te bekamp. Hy sê die bewaringsliggaam neem ook heining-wagte uit plaaslike gemeenskappe in diens om daagliks die grensheinings te patrolleer en enige skade te herstel.

===============

16:00

# Varsproduktemark onder oë vir onbillike praktyke wat swart boere raak

# President Ramaphosa onderteken Wet op Openbare Verkryging

# EFF steun voortgesette betogings van die jeug in Kenia

# Die Mededingingskommissie is besig met ‘n ondersoek na die Johannesburgse Varsproduktemark vanweë onbillike praktyke wat swart boere en verbruikers raak. Die mark wat op meer as 53-miljard-rand beraam word, toon geringe deelname deur swart boere en agente. Die kommissie se ondersoek na sleutel-vrugte en -groentes het 29 voorlopige herstellende optredes geïdentifiseer om markverdraaiing te takel. Die Swart Landbou Kommoditeite-federasie steun die bevindings en benadruk die behoefte aan regeringsingryping om regverdige markdeelname en voedselsekuriteit vir swart gemeenskappe te verseker. Die uitvoerende hoof van die Federasie, Moshe Swartz, beklemtoon die staat se morele verantwoordelikheid.

# President Cyril Ramaphosa het wetgewing onderteken wat ‘n enkele raamwerk skep vir die regulering van openbare verkryging in alle staatsinstellings. Die Wet op Openbare Verkryging het ten doel om doeltreffendheid, koste-doeltreffendheid en integriteit van verkrygingsprosesse te verseker en om korrupsie van die verlede uit te skakel. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya sê die wet bevorder deursigtigheid, tegnologiese doeltreffendheid, en ekonomiese ontwikkeling deur plaaslike goedere en dienste voor op te stel: KLANK: ENG-MagwenyaOnProcurement Bill

# Die EFF sê hy staan steeds by die dapper jeug van Kenia wat in opstand gekom het teen finansiële wetgewing wat deur die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank gesteun word en geweldige belastingverhogings op die mense van Kenia afdwing. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê die jeug-geleide protesoptrede het ‘n kragtige golf van inspirasie oor die vasteland laat spoel. Mathys sê die jeug van Suid-Afrika mag nie agtergelaat word nie: KLANK: ENG Leigh-AnnonKenya

# Olimpiese Spele: Die heersende Wimbledon- en Franse Ope-tenniskampioen, Carlos Alcaraz, sê hy sal sy legendariese landgenoot Rafael Nadal die leiding laat neem wanneer hulle in die dubbelspel in Parys speel. Die 21-jarige wêreld-nommer-drie sê hulle sal eers taktiek bespreek wanneer hulle in die Franse hoofstad aankom. Die kompetisie vind plaas op Roland Garros, waar die 38-jarige Nadal 14 van sy 22 Grand Slam-titels ingepalm het. Alcaraz, wat vier Grand Slam-toernooie gewen het, sê hy’s nog nat agter die ore terwyl Nadal reeds spog met twee goue medaljes.

# Die rand verhandel teen 18-rand 41-sent teen die dollar, 19-rand 99-sent teen die euro en 23-rand 77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-756-dollar 92-sent. Die prys van goud is twee-duisend-407-dollar 12-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar 02-sent per vat.7

# En ten slotte: Suid-Afrikaanse maatskappye sê hulle het vinnig herstel van die reuse-tegniese onderbreking wat Vrydag deur ‘n foutiewe aanpassing van CrowdStrike veroorsaak is. Capitec, Absa, Safair, Airlink, die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Stad Tshwane het hulle inligtingstegnologie-kwessies opgelos en nie enige finansiële verliese aangemeld nie. Capitec en Absa evalueer toekomstige risiko-verminderingsmaatreëls. Lugdienste wat probleme ervaar het met aanlyn betalings het ook gesê hulle het herstel en daar was nie enige groot uitwerking nie.

===============

17:00

# SOE lê beslag op 52-miljoen-Rand se bates verbind met Mpumalanga Covid-korrupsie

# Parlement stel koepeltent vir Mandela se begrafnis voor om sittings tydelik aan te bied

# Tennis: Murray sal na Olimpiese Spele uittree

# Daar is vandag beslag gelê op bates van 52-komma-6-miljoen-Rand van 22 senior bestuursamptenare en diensverskaffers wat verbind word met ‘n netwerk van korrupsie binne die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid is multi-miljoen-Rand kontrakte toegeken vir beskermende kleredrag tydens die Covid-19-pandemie aan diensverskaffers wat nie die items gelewer het nie, en na bewering aansienlike gunslone aan die amptenare betaal het. Daar is op ‘n verskeidenheid bates beslag gelê in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap. Kaizer Kganyago, die woordvoerder van die SEO: KLANK:

# Die korrupsiesaak van die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, is in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Palm Ridge tot 21 Augustus uitgestel. Kodwa, wat na sy arrestasie uitgetree het, staan tereg oor bewerings van omkoopgeld ter waarde van 1,6-miljoen-rand, na bevindings in die verslag oor staatskaping. Sy prokureur, Zola Majola, hou vol die staat moet al die aanklagte bo redelike twyfel bewys: KLANK: ENG-MajolaOnKodwa

# Politieke partye kritiseer ‘n besluit om die Nasionale Vergadering in die Nieuwmeester-markiestent in Kaapstad te laat vergader. Speaker Thoko Didiza het voorgestel die koepel wat vir die begrafnis van Nelson Mandela benut is, is ideaal. Die IVP-LP, Nhlanhla Hadebe, sê die Parlement kan nie daarop trots wees om in ‘n tent te vergader nie. Intussen sê die DA-LP, George Michalakis, ‘n permanente vergaderplek is nodig: KLANK: ENG-MichalakisOnSitting

# Sport: KLANK:

# Die rand verhandel teen 18-rand 42-sent teen die dollar, 19-rand 98-sent teen die euro en 23-rand 79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-209-dollar 68-sent. Die prys van goud is twee-duisend-407-dollar 12-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar 43-sent per vat.

# En ten slotte: Haaie aan die kus van Brasilië het positief vir kokaïen getoets. Mariene bioloë het 13 Brasiliaanse skerpneushaaie getoets en gevind dat hulle positief getoets het vir hoë vlakke van kokaïen in die spiere en lewers. Die konsentrasies was soveel as 100 keer hoër as ander waterdiere. Wetenskaplikes sê verdere navorsing is nodig om te bepaal of die kokaïen die gedrag van die haaie verander.


×