100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Net Silulumanzi het Bloudruppelstatus in Mpumalanga

Written by on December 7, 2023

Silulumanzi is die enigste watervoorsiener in Mpumalanga aan wie Bloudruppelstatus toegeken is.
Die Blou- en Groendruppelverslae is die week deur die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, bekendgemaak.
Dit meet die kwaliteit van water wat aan verbruikers voorsien word.
Silulumanzi het boonop by vier wateraanlegte die status verwerf: Primkop, Karino, Nelspruit en Matsulu.
Die woordvoerder van die waterverskaffer, Richmond Jele, sê egter dit gaan nie oor toekennings nie, maar oor die verskaffing van veilige water aan inwoners.

Sien ook: SANBS se bloedvooraad is laag


Share on Facebook
Share on Twitter
Share on Pinterest
Share on Linkedin
Send by Whatsapp
Love