{"id":9997,"date":"2021-01-18T13:47:35","date_gmt":"2021-01-18T11:47:35","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9997"},"modified":"2021-01-18T13:49:41","modified_gmt":"2021-01-18T11:49:41","slug":"bevestiging-oor-vermiste-veldwagter-dalk-gouer-as-verwag-bekend","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/bevestiging-oor-vermiste-veldwagter-dalk-gouer-as-verwag-bekend\/","title":{"rendered":"Bevestiging oor vermiste veldwagter dalk gouer as verwag bekend"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>SANParke hoop om nie tussen ses en agt maande hoef te wag vir bevestiging of die vermiste veldwagter, Checkers Mashego (51), se oorskot wel gevind is nie.
\nDi\u00e9 ervare veldwagter is laas op 17 November in die Stolsnek-area van die Krugerwildtuin gesien, terwyl hy en \u2018n kollega op patrollie was.
\nMenslike oorskot is op 17 Desember daar naby gevind, saam met items wat deur veldwagters gebruik word en wat moontlik aan Mashego kon behoort het.
\nDaar word daarom vermoed dat dit Mashego kan wees, maar dit moet eers deur forensiese analise bevestig word.
\nDie woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, s\u00ea die polisie het hulle die onderneming gegee om die toetse so spoedig moontlik af te handel, om Mashego se familie en kollegas afsluiting te kan gee. \ufeff<\/span>
\n