{"id":9958,"date":"2021-01-13T14:09:10","date_gmt":"2021-01-13T12:09:10","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9958"},"modified":"2021-01-13T14:09:10","modified_gmt":"2021-01-13T12:09:10","slug":"da-vra-provinsie-om-in-te-gryp-by-sukkelende-munisipaliteite","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/da-vra-provinsie-om-in-te-gryp-by-sukkelende-munisipaliteite\/","title":{"rendered":"DA vra provinsie om in te gryp by sukkelende munisipaliteite"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die DA in Mpumalanga het weer \u2018n beroep op die provinsiale regering gedoen om in te gryp by sukkelende munisipaliteite.
\nHulle wil veral dat eMalahleni onder administrasie geplaas word.
\nVolgens die party se woordvoerder vir samewerkende regering, Trudie Grov\u00e8-Morgan, wys hul navorsing dat eMalahleni teen 31 Oktober Eskom \u2018n allemintige R4,6 miljard geskuld het.
\nThaba Chweu-munisipaliteit (TCM) was die kragreus R827 miljoen verskuldig.
\nGrov\u00e8-Morgan s\u00ea dit is \u2018n uitdaging vir landelike munisipaliteite soos TCM om geld wat aan hulle verskuldig is, in te samel, maar ander, soos Bosbokrand, betaal wel hul skuld elke maand.
\n