{"id":9942,"date":"2021-01-11T14:06:28","date_gmt":"2021-01-11T12:06:28","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9942"},"modified":"2021-01-11T14:06:28","modified_gmt":"2021-01-11T12:06:28","slug":"nog-n-mpumalanga-prins-vermoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nog-n-mpumalanga-prins-vermoor\/","title":{"rendered":"Nog \u2018n Mpumalanga-prins vermoor"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Prins Andries Mbangelwa Mahlangu (67) is Saterdag voor sy huis in Weltevrede, Siyabuswa vermoor.
\nHy was die voorsitter van die Ndzundza tradisionele stamgesag in Dr JS Moroka-munisipaliteit.
\nVolgens die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, was hy in sy voertuig voor sy huis geparkeer, toe sy seun om ongeveer 20:15 skote hoor.
\nHy het volgens die polisie twee mans sien weghardloop. Sy pa was bewusteloos en het oor die stuurwiel gel\u00ea.
\nHulp is ontbied, maar Mahlangu is op die toneel dood verklaar.
\nDie polisie het gevra dat enigiemand met inligting wat in die ondersoek kan help, luit. kol. April Aphane by 082-302-6621 kontak.
\nMahlangu se dood volg op \u2018n ander prins se moord op 4 Januarie. Zwelithini Dlamini (47) is die aand deur \u2018n onbekende man in sy huis in Matsulu geskiet terwyl hy saam met vriende ge\u00ebet het.
\nVolgens Hlathi het die man in die huis ingestorm en, sonder om enigiets te s\u00ea, op Dlamini losgebrand.
\nSy vriende kon skuil en is ongedeerd. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
\nEnigiemand met inligting is gevra om kapt. Elvis Shabangu te kontak by 082-449-0339.
\n